Hoërskool Grens-leerder verteenwoordig SA by fietsrykampioenskappe
ADVERTISEMENT
Op 22-23 April 2022 het Hoërskool Grens fietsryer Lourens Spies, as deel van die Suid-Afrikaanse span, aan die African Continental XCO MTB Kampioenskappe in Windhoek (Namibië) deelgeneem. Hy het in die Junior (o.19) UCI Mans-kategorie deelgeneem. Die lande wat by die toernooi teenwoordig was, is Suid-Afrika, Namibië, Mauritius, Kenya, Marokko, Botswana, Lesotho en Tunisië. Hy behaal ‘n 9de plek.










