Hugenote Laerskool bergfietsryers presteer uitstekend by die Wes-Kaap Skolereeks
ADVERTISEMENT
Steffan Moolman, Emke Moolman en Stephan van der Merwe het Hugenote Laerskool vanjaar by die Wes-Kaap Skolereeks vir Bergfietsry verteenwoordig.
Steffan het tydens die finaal by Bloemendal ’n ongelooflike 1ste plek in die o/13-afdeling losgetrap. Emke het met ’n 2de plek in die o/11-afdeling uit die stryd getree, terwyl Stephan ‘n 3de plek in die o/10-afdeling behaal het.
Steffan en Emke Moolman het boonop met hierdie prestasies hul Wes-Kaap Provinsiale fietsry-kleure verwerf. Ons is baie trots op hierdie besondere prestasie!













