Curro Durbanville leerders presteer by die redenaarskompetisie
ADVERTISEMENT
Ngcali Dantile (gr.10), Anja Muller (gr.10) en Madison-Mãe Alexander (gr.11) van Curro Durbanville het aan die Nasionale finaal van Con Spirito se aanlyn redenaarskompetisie deelgeneem en uitstekend gevaar. Ngcali behaal 98% in die kategorie Engels Huistaal, Anja behaal 96% in die kategorie Afrikaans Huistaal en Madison-Mãe behaal 93% in die kategorie Afrikaans EAT. Ngcali word ook as die algehele Nasionale wenner aangewys in haar kategorie. Baie geluk aan al hierdie sprekers met die uitsonderlike prestasies!












