2de Plek vir Primêre Skool Jordania bergfietsryer
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Primêre Skool Jordania bergfietsryer Lané Fouché wat aan die 2022 Vrystaat Skole MTB XCO Liga #1 deelgeneem het en tweede in die afdeling “Nipper” vir meisies geëindig het! Die liga het by Wolhuterskop in Bethlehem plaasgevind. Mooi so Lané!










