Paul Roos Gimnasium Krieket vs Grey College
ADVERTISEMENT
Paul Roos Gimnasium het verlede naweek teen sterk kompetisie te staan gekom. Op Sondag 23 Februarie het Grey College na Eikestad gereis waar die eerste krieketspanne kragte gemeet het.
Paul Roos Gimnasium het eerste gekolf en ʼn goeie totaal van 281/5 aangeteken. Die kolwers wat uitgeblink het was, Luca Plekker (110 nie uit), Matthew Seymore (57) en Liam Basson (54).
Grey College kon slegs daarin slaag om 199 aan te teken en is in die 43ste boulbeurt uitgeboul. Die beste bouler vir PRG was Dion Slabber (4/30 in 7 beurte)
19A vs GreyC Fotokrediet: Charmaine Sander












