Hoërskool Oos-Moot skaakspelers deur na die Gauteng Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die volgende leerders van Hoërskool Oos-Moot wat uitstekend presteer het tydens die Tshwane Distrik Finaal:
- Charné Raubenheimer (O/19) wen 4 uit 5 wedstryde en eindig as die 2de beste speler in die distrik.
- Tylo Grahan (O/15) wen 4.5 uit 5 wedstryde en eindig as die Beste speler in die Distrik.
Charné Raubenheimer en Tylo Grahan dring deur na die Gauteng Kampioenskappe wat op 1 Augustus plaasvind. Ons is ongelooflik trots op julle prestasies en wens julle alle sterkte toe vir die volgende rondte!










