Ruiter prestasie vir Die Hoërskool Wonderboom
ADVERTISEMENT
Mia Lundt het hierdie naweek aan die Q2 van SANESA deelgeneem en het 2de plek behaal in die Klas: Jumping 80cm (Pony Class) Rule: 2Phase. Die Hoërskool Wonderboom is baie trots of Mia en haar perd Milan. ‘n Bietjie agtergrond inligting: SANESA is die South African National Equestrian Schools Association (School Sports Team). Die kwalifiserende rondte 2 (Q2) het die naweek plaasgevind vir die Gauteng Tshwane area. Ons skool kry punte vir hierdie deelname en prestasies. Mia kan nie net mooi dans nie maar ook mooi perdry! Baie geluk Mia!










