Goeie uitslae vir Die Hoërskool Brandwag ruiter
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Brandwag ruiter Justine en haar perd, Shocking Red het verlede naweek deelgeneem aan twee kwalifiserende rondtes vir die “Western Mounted Games” en is gekies op die OP te verteenwoordig. Shocking Red is ‘n ou, beseerde resiesperd (Thoroughbred) wat gered is en wat deur die “Horse Care Unit” in Port Elizabeth aangeneem is. Die ou resiesperde en veral die met beserings word gewoonlik vir leeukos verkoop.










