Laerskool Louis Trichardt ruiter vaar uitstekend in die Nasionale Uithourit kompetisie
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Louis Trichardt ruiter Juan van Tonder wat die 1ste plek behaal het tydens die SANESA Nasionale Uithourit te Louwna op 2 September 2023. Dit is die 2de agtereenvolgende jaar wat Juan en Lormar Fire Lady die rit wen. Juan voltooi die 80km in ‘n Springbok tyd van 3:36:48 met ‘n gemiddelde spoed van 22,1km/h. Lormar Fire Lady ontvang ook die toptoekenning as beste voorbereide perd.
![]()










