Hoërskool Douglas ruiters presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Ané Hellmuth van Hoërskool Douglas wat aan die SA Opelug Saalperdkampioenskappe deelgeneem het en baie goed gevaar het met die volgende uitslae:
- Kampioen-driegang plesierperdruiters o/12: 8 ste plek
- Kampioen-driegang kinderryperd-ruiters o/12: 4 de plek
- Kampioen-driegangruiters 12 jaar en jonger-ruiterkuns: 8 ste plek
Tydens hierdie klasse kwalifiseer sy om aan die grootkampioenskappe deel te neem en behaal ʼn 6 de plek in die SA Grootkampioen-driegang kinderryperd-ruiters 14 jaar en jonger.
Lynn-Mari du Raan het aan die Kampioen-stap/draf ruiterkuns vir ruiters onder 8 deelgeneem, en ‘n 7de plek behaal.
Ons is trots op julle, Ané en Lynn-Mari.

Links na regs: Lynn-Mari du Raan en Ané Hellmuth









