Laerskool Randhart leerders is kunstig
ADVERTISEMENT
Die graad 4- en 5-Ranties geniet elke oomblik van Kunsklub! Met groot entoesiasme en kreatiwiteit het hulle al ’n verskeidenheid kunsvorme verken van kleurvolle popkuns, tot unieke graffiti-name en selfs tekenlesse saam met YouTube.
Hierdie jong kunstenaars van Laerskool Randhart groei elke week en dit is ’n voorreg om hul talente te sien blom. Ons sien met groot opgewondenheid uit daarna om saam met hulle binnekort aan die Kunsfeestemas te begin werk!













