Hoërskool Swellendam pronkende perderuiters presteer
ADVERTISEMENT
Julindie van Brakel (Gr. 12-leerder) en Carmi Olivier (Gr. 9-leeder) het vanaf die 2de tot die 4de Maart Hoërskool Swellendam trots gemaak by die plaaslike skou. Julindie van Brakel behaal die volgende prestasies met haar perd Langsig Lika:
- Twee 1ste plekke
- Een 2de plek
- Een 3de plek
- En ‘n 2de plek in dubbeltuig vlamperdklas met hulp.
Ons is ook baie trots op Carmi Olivier en haar perd Arkap Jabeeb se deelname in die volgende klasse:
- Best Walk
- Best Trot
- Best Canter
- Best Turned Out
- Best 3 gated horse
Hou so aan met julle deelname en uitstekende prestasies. Zoeye Groenewald.










