Laerskool Gansbaai leerder ontvang goud vir sy skildery
ADVERTISEMENT
Laerskool Gansbaai leerder Reynhardt Geldenhuys in Graad 7 het sy skildery getiteld, Ou Gansbaai, ingestuur om beoordeel te word by die landswye Nasionale Eisteddfod. Soos gesien op die foto het hy ‘n goue diploma, wat hul hoogste toekenning is, ontvang. Baie geluk, Reynhardt. Hou aan woeker met jou talente!
![]()










