Laerskool Gansbaai leerder skitter in die Helderberg Eisteddfod
ADVERTISEMENT
Laerskool Gansbaai leerder skitter in die Helderberg Eisteddfod: Luandi van der Linde is een van slegs twee deelnemers wat ‘n gemiddeld van 97% vir haar kunsinskrywing gekry het. Dit is die hoogste punte in die kategorie vir tekeninge/skilderye. Voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie. Baie geluk, Luandi!










