Hoërskool Martin Oosthuizen leerder skitter aan die Con Spirito kunswedstryd
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Martin Oosthuizen leerder Anlia Shaw wat 98% (A+++) in die nasionale finaal van die Con Spirito kunswedstryd behaal het. Hierdie prestasie plaas haar in die top 12 deelnemers van die land. Sy was uitgenooi na die prysuitdeling wat op 20 September in Johannesburg plaasgevind het.










