Spog uitslae vir Langenhoven Gimnasium ruiter
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Karlize Zaayman met haar uitstekende prestasies tydens die SANESA Eden Q2-kompetisie wat op 20 en 21 Maart plaasgevind het! Karlize het saam met haar perde, Sandy en Kalbas, pragtig gevaar. Met Kalbas behaal sy:

1ste plek – “Equitation”
Twee 1ste plekke – “Show Jumping”
Twee 1ste plekke – “Dressage”
Met Sandy behaal sy:
Twee 3de plekke – “Show Jumping”
2de plek – “Dressage”
4de plek – “Dressage”
Langenhoven Gimnasium is ongelooflik trots op jou, Karlize!











