Hoërskool Rustenburg ruiters is die trots van Noordwes
ADVERTISEMENT
Tydens die SANESA Ruiterkunsprysuitdeling het Hoërskool Rustenburg weereens gewys waarom ons die trots van Noordwes is! Ons is ongelooflik trots om aan te kondig dat RHS vir die agtste keer in 11 jaar bekroon is as die Beste Ruiterkuns Hoërskool in Noordwes! Hierdie prestasie getuig van jare se harde werk, toewyding en passie vir die sport.Individuele toekennings: Margot Naudé is aangewys as die Beste Hoërskool Dresseerruiter in Noordwes! Megan Erasmus het die Wisseltrofee vir Beste Sportmanskap in Noordwes ontvang – wat ’n ongelooflike eer! ’n Reuse dankie aan elke ruiter, afrigter, ouer en ondersteuner wat hierdie reis moontlik maak. Ons is ongelooflik trots op julle!










