Hoërskool Kalahari atlete op pad na die Nasionale Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Kalahari is ongelooflik trots op die volgende atlete wat gekwalifiseer het om ons te verteenwoordig by die Atletiek Nasionale Kampioenskappe in Pretoria (Pilditch Stadion) vanaf 29 April – 2 Mei:
Seuns:
Boesman Venter (O/19)
- Diskus
- Gewigstoot
Kopano Mosienyane (O/17)
- 100m
- 200m
Jacquan Booysen (O/15)
- 100m Hekkies
- 300m Hekkies
Dogters:
Lee-Ann van der Poel (O/17)
- Hamergooi
- Diskus
Wilmien Delaport (O/15)
- Diskus
Dunay Bylsma (O/15)
- 100m
- 200m
Ons wens elkeen van julle alle sterkte toe vir die kompetisie. Mag julle harde werk, deursettingsvermoë en passie beloon word op die baan en veld. Kalahari staan bankvas agter julle!
Gaan wys wat in julle steek!










