Hoër Jongenskool Paarl atlete presteer in Roodepoort
ADVERTISEMENT
Die afgelope naweek het ons seuns aan die Twizza-atletiekkampioenskap in Roodepoort deelgeneem. Die kompetisie op hierdie vlak is van die hoogste gehalte, maar dit het ons atlete nie verhoed om mededingend te wees nie. Daar was 39 seunspanne en Hoër Jongenskool Paarl behaal ’n 9de plek. Die volgende seuns het meer as 800 punte op die ASA-tabel verdien:
o. 15
- Dylan Welcome 100 m-hekkies 13,94 s (829)
- Ethan Venter Diskusgooi 47,43 m (808)
o. 17
- Aiden Jacobs 110 m-hekkies 14,44 s (859)
- Neil Hansen Gewigstoot 14,84 m (808)
o. 19
- Jo Himmelstützer Gewigstoot 14,70 m (800)
- Tiaan du Preez Gewigstoot 14,70 m (800)
- Elton Lombaard Diskusgooi 52,04 m (935)










