Afrikaanse Hoër Meisieskool tennis presteer
ADVERTISEMENT
Afrikaanse Hoër Meisieskool het uitstekend gevaar by die Amanda Coetzer-Tennistoernooi in Bloemfontein en ons is ongelooflik trots op ons spelers se prestasies! Ons eerstespan behaal ’n uitstekende 4de plek teen sterk kompetisie. Die o.15-span eindig 3de en bring die brons medalje huis toe.
Individuele prestasies:
- Kelly Homan word tydens die dinee aangewys as die beste nr. 4-speler van die toernooi (o.15).
- Zoey Retief wen al haar enkelwedstryde en ontvang die toekenning vir die beste nr. 1-speler van die toernooi (o.15).
Baie geluk aan ons spelers en afrigters met hierdie besondere prestasies. Julle het Affies met trots verteenwoordig!
o.15-span:
- Juliet Koch
- AlexaNel
- Kelly Homan
- Zoey Retief
- Lindeli Kriel
Eerstespan:
- Daniella Loubser
- Jessé de Villiers
- Tinéka Strydom
- Janica Meyer (kaptein)
- Diane de Jager
- Milan van Heerden
- Janique Beeslaar












