Laerskool Stellenbosch leerder skitter aan Wiskunde Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Stellenbosch leerder Lea Blignaut (Graad 5) wat aan die Nasionale Abacus 2026 Kampioenskappe in Roodepoort deelgeneem het en ‘n goue medalje verwerf het. Sy was een van 180 top Wiskunde studente van regoor Suid-Afrika wat deelgeneem het. Sy kom nou in aanmerking om aan die AIAMA Internasionale Abacus Kampioenskappe in Taiwan deel te neem. Ons wens haar baie geluk met die uitsonderlike prestasie!










