Ligbron Akademie vir Tegnologie maak skoonskip by Wiskundekompetisie
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie se top wiskundeleerders het puik prestasies behaal tydens die onlangse distriksuitdunne van die Mpumalanga Wiskundekompetisie. Die uitdunne is by Wesselton Primary School aangebied. Die Liggies wen drie eerste plekke. In graad 8 eindig Lewellyn Ludike eerste, Jerome Krause loop met die louere weg in graad 9 en William Clark is die wenner in graad 11. Grace Berda, ook in graad 11, eindig kort op William se hakke met haar derde plek en in die graad 10 groep eindig Marli Rautenbach ook onder die top tien. Hierdie leerders neem op 15 en 16 Oktober aan die provinsiale uitdunne deel. Ons wens hulle alle sterkte toe!

Jerome Krause

Lewellyn Ludike

William Clark









