Laerskool Vredekloof gimnas vaar puik
ADVERTISEMENT
Die leerders van Laerskool Vredekloof het die afgelope paar weke weereens gewys dat harde werk, deursettingsvermoë en goeie waardes hand-aan-hand stap. Verskeie leerders het onlangs uitstekende prestasies in sport behaal, terwyl ander weer uitgeblink het deur die skool se waardes daagliks uit te leef.
Catherine Human het op Saterdag, 25 April 2026, aan die Eversdal Gimnastiekklub se gimnastiekkompetisie deelgeneem waar sy ’n uitstekende prestasie gelewer het. Sy het eerste plek in haar ouderdomsgroep en vlak behaal. Sy het ’n goue medalje vir haar besondere prestasie ontvang. Catherine dring nou deur na die Distrikkampioenskappe wat aan die einde van Mei plaasvind.










