Hoërskool Framesby gimnaste vaar puik by SA sport toekennings
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby gimnaste Leolin Pietersen en Simonique Grobler was genooi na die 2023 SA-Sportstoekennings-aand wat op 23 Maart in Pretoria plaasgevind het. Ons is baie opgewonde om u mee te deel, dat Leolin gekies is as die Senior Vroue trampolien gimnas van die jaar en Simonique Grobler as
die Junior Vroue trampolien gimnas van die jaar. Dit is ń baie groot eer en prestasie vir hulle 2 en ons is bitter trots op hulle.











