Hoërskool Oudtshoorn leerder presteer in Gimnastiek
ADVERTISEMENT
Hoërskool Oudtshoorn se Micayla Pillay, het van 7–10 Oktober in Gqeberha aan die Suid-Afrikaanse Gimnastiekkampioenskappe deelgeneem. Micayla het ’n 3de plek in Double Mini behaal. Sy het ook haar volle SA-kleure verwerf. Sy het die Wes-Kaap met trots verteenwoordig en ons skool se naam hoog gehou. Baie geluk, Micayla, ons is ongelooflik trots op jou – jou harde werk, deursettingsvermoë en passie vir gimnastiek is ’n inspirasie vir almal!










