Hoër Volkskool het aan die jaarlikse hokkietoernooi deelgeneem
ADVERTISEMENT
Die eerste hokkiespan van Hoër Volkskool het aan die jaarlikse Union High School Senior Hokkietoernooi deelgeneem.
Hul het te staan gekom teen di volgende skole:
- Hoërskool Framesby en speel gelykop 0-0.
- Langenhoven Gimnasium van Oudtshoorn en wen 2-0.
- Doele is deur Zanri Groenewald en Anishka Luiters aangeteken.
- Victoria Girls en wen 3-2 gewen. Doele is deur Zanri Groenewald, Anishka Luiters en Jani van der Merwe aangeteken.
- Hoërskool Burgersdorp gespeel en wen die wedstryd 3-0. Doele is deur Marlie Nel, Shana-Leigh Lange en Deirdré Alberts aangeteken.
- DSG en verloor ongelukkig 0-1.
Riebeeck Girls en wen 4-0 gewen. Die doele is deur Lua Bouwer 2, Deirdré Alberts 1 en Anishka Luiters 1 aangeteken.
Die span het baie goeie hokkie gespeel en die span het algeheel vyfde uit 17 spanne geëindig.
Ons wil baie dankie sê aan Union High School en met die suksesvolle toernooi gelukwens. Dis elke jaar een van die hoogtepunte op ons hokkie kalender. Ons sien uit na volgende jaar!












