Worcester-Noord Primêre Skool gimnaste kry uitstekende uitslae
ADVERTISEMENT
Zahn Hugo en Briana George het op Woensdag, 4 Oktober, in Centurion aan die SA Gimnastiek spele as deel van die Wes-Kaap span deelgeneem. Zahn het in Artistiese Gimnastiek vlak 5, in die ouderdomsgroep 7 tot 10 jaar, deelgeneem en ‘n algehele eerste plek behaal en ‘n goue edalje verwerf. Sy het vir haar onderskeie apparate ‘n tweede plek behaal en silwer medaljes. Sy het óók ‘n eerste plek en ‘n goue medalje vir haar spronge ontvang. Briana George het algeheel derde geëindig en ‘n brons medalje ontvang. Sy het ook silwer medaljes vir haar apparate verwerf. Baie geluk aan hierdie twee dogters met hul uitstekende prestasies. Worcester-Noord Primêre Skool is baie trots op julle!
Zahn Hugo
Briana George










