Hoërskool Punt gimnas behaal nóg ’n massiewe prestasie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Punt is ongelooflik trots op Stefan Borka, wat vir die derde jaar in ‘n ry gekies is vir die eksklusiewe SA Skole-span vir gimnastiek! Stefan gaan die Wes-Kaap én Hoërskool Punt verteenwoordig by die nasionale kampioenskappe in Gauteng van 12-16 Desember 2024. Hy is nie net die enigste leerder van Eden nie, maar ook een van slegs drie seuns in die hele Wes-Kaap wat gekies is om hulle skole te verteenwoordig in artistiese gimnastiek. Dis pure toewyding en talent! Ons weet jy gaan blink, Stefan!












