Hugenote Laerskool gimnas is ‘n SA Kampioen
ADVERTISEMENT
Die Hugenote Laerskool se leerders presteer op verskeie terreine. ‘n Graad 7-leerder, Nika Lerm, spog met ‘n goue medalje by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Artistiese Gimnastiek! Hierdie algehele Suid-Afrikaanse kampioen in vlak 8 vir leerders o.13 vergestalt ons skool se werksetiek en ons leerders se deursettingsvermoë – iets waarop ons baie trots is. Nika het ook die volgende medaljes tydens die SA-kampioenskappe verower: silwer vir balk en goud vir brug en vloer.
Nika Lerm Gimnastiek










