Hoërskool Eldoraigne gimnas kwalifiseer vir die Gym Games
ADVERTISEMENT
Hoërskool Eldoraigne gimnas Melindi de Bruin het die afgelope naweek deelgeneem aan die Ritmiese Gimnastiek Guateng Streeksproewe kompetisie Melindi het deelgeneem in 3 items, bal, hoepel en klubs.
- 1ste plek: Hoepel
- 2de plek: Bal
- 1ste plek: Klubs
Sy word ook aangewys as die kampioen vir Gauteng in Vlak 9 met haar algehele 1ste plek in die kompetisie. Melindi kwalifiseer vir haar Gauteng Federasie klere, en sy kwalifiseer om Gauteng te verteenwoordig by Gym Games op 21 September 2024 in Kaapstad.














