Laerskool George-Suid Gimnaste presteer by die Nasionale Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Laerskool George-Suid Gimnaste presteer by Nasionale Kampioenskappe! Gedurende die skoolvakansie het van ons leerders die Weskaap ydens die Nasionale Gimnastiek Kampioenskappe verteenwoordig en baie goed in hulle onderskeie ouderdomskategorieë en vlakke presteer.
- Caleb Erasmus – Goud vir Tuimel, Goud vir Double-mini Trampolien en 4de plek op Euro Trampolien
- Melienke Botha – Silwer vir Double-Mini en Silwer vir Euro Trampolien
- Annabelle Coetzee – 15de met Tuimel, 5de op Double-mini en 8ste op Euro Trampolien
- Jasminke Booyse – 7de met Tuimel, 3de op Double-mini en 6de op Euro Trampolien
- Micah Bezuidenhout – 4de op Double-mini trampolien
- Heidi vd Merwe – Pragtige punte behaal tydens haar WAG kompetisie.















