Zoetendal Akademie hou eerste Wiskunde Interskole
ADVERTISEMENT
30 September, was ’n mylpaal vir Zoetendal Akademie toe die skool hul heel eerste Wiskunde Interskole – oftewel Math-letics – met groot sukses aangebied het. Hierdie nuwe kompetisie het nie net leerders se wiskundige vernuf getoets nie, maar ook ’n platform geskep waar spanwerk, kreatiewe denke en pret die hoofrol gespeel het.
Die dag is trots geborg deur Chas Everitt, met spesiale dank aan Carol Ziman, wat ook die pryse persoonlik aan die wenners oorhandig het.Zoetendal was die gasheer vir vyf skole uit die Overberg – Laerskool Bredasdorp, Laerskool Overberg, Laerskool Hermanus, Laerskool Swellendam en Laerskool Montagu – wat saam met ons eie leerders deelgeneem het aan die uitdagings. Die uitslae was as volg:
Graad 7:
1ste plek – Lyoandri de Beer & Bethelou Badenhorst (ZA)
2de plek – CJ van Vuuren & Syd Ziman (ZA)
3de plek – Hercu Ackerman & Singe Lessing (LS Hermanus)

Gr7 – Eerste plek

Gr 7 Tweede plek

Gr 7 – Derde plek
Graad 6:
1ste plek – Sydney Daniel & Ané Donald (ZA)
2de plek – Sadie Walker & Mila Turvey (ZA)
3de plek – Charel Barnard & Luca La Cock (LS Hermanus)

Gr 6 – Eerste plek

Gr 6 – Tweede plek

Gr 6 – Derde plek
Volgens die skoolhoof, mnr. André (Kulu) Cruywagen, is hierdie ’n stap in die regte rigting om Zoetendal “op die kaart te sit” wat betref wiskunde in die Overbergstreek. “Ons wil hê dat kinders wiskunde ook buite die klaskamer moet ervaar – as iets wat lekker en uitdagend is,” het hy gesê. Met so ’n geslaagde eerste byeenkoms lyk die toekoms blink vir hierdie nuwe tradisie by Zoetendal Akademie.









