Die Primêre Skool Jordania is baie trots op hul Wiskunde uitblinkers
ADVERTISEMENT
Die Primêre Skool Jordania is baie trots op hul Wiskunde uitblinkers! Trystan het aan die landswye Cum Laude Media 24 Wiskunde kompetisie deelgeneem en is een van 60 leerders in die land wat deurgaan na die finale rondte wat op 29 September 2022 sal plaasvind. Sterkte Trystan – ons is trots op jou!
![]()
Baie geluk aan Zanike van Zyl, Trystan van Eyk en Melieke Lamprecht wat aan die TBM distriksrondte van Mental Maths deelgeneem het en wat deurdring na die Provinsiale rondte wat in Bloemfontein gaan plaasvind. In die afdeling vir graad 6 het Melieke die EERSTE plek en Zanike die TWEEDE plek behaal. In die graad 7 afdeling was Trystan EERSTE! Baie sterkte vir die volgende rondte – ons is trots op julle!
![]()










