Hoërskool Ermelo seunshokkie sluit seisoen af
ADVERTISEMENT
Op Saterdag 10 Junie het die eerste ronde van die Mpumalanga-seunshokkie uitspele plaasgevind. Die top vier spanne in elke streek van Mpumalanga het teen mekaar uitgespeel om in aanmerking te kom vir die Mpumalanga kwart-, semi- en finale.
Hoërskool Ermelo se o.14-seunshokkiespan het vierde in die Gert Sibande streek geëindig. Gevolglik het hulle op 10 Junie teen Hoërskool Middelburg en Hoërskool Lydenburg te staan gekom. Ongelukkig verloor EHS 3 – 1 teen Middelburg en 5 – 2 teen Lydenburg. EHS se doelskieters is Niraz Tikly (1) en Nkosinathi Mahlangu (2).
Buiten die o.14-span se prestasie het die eerstespan vyfde uit nege spanne geëindig en die o.16-span eindig vierde uit tien spanne. Dankie aan die seunshokkie se afrigters, me Charmoné Prinsloo, me Tirsa du Toit, mnr Ruben Fouché en mnr Antonie Tollig wat die seisoen die seuns help vorm het en ondersteun het deur talle uitdagings. Die harde werk wat ingesit word gaan nie ongesiens verby nie!
Dank gaan ook aan die ouers se ondersteuning en veral aan die seuns wat keer op keer hul beste gegee het in elke wedstryd.
Hoërskool Ermelo is trots op die seunshokkie!










