Uitmuntende hokkie prestasie vir Hoërskool Centurion
ADVERTISEMENT
‘n Eerste vir die Woeries se hokkie! Hoërskool Centurion se o.15A-dogtershokkie span het Noordvaal gewen! Die Noordvaaltoernooi is ‘n gesogte hokkietoernooi waarin die ligawenners van onderskeidelik Limpopo, Noord-Wes, Mpumalanga en Gauteng deelneem.
Hierdie is die eerste keer in Hoërskool Centurion se geskiedenis dat ons die toernooi wen. Ons dogters het ten spyte van alle omstandighede geseëvier en hulle ware Woerie-harte in die finaal gewys. Hulle was 1-0 agter in die wedstryd waarna hulle die wedstryd met ‘n uitkloprondte gewen het. Welgedaan met hierdie uitstekende prestasie!















