Afrikaanse Hoër Meisieskool neem deel aan die Gerrie Berner Tennistoernooi
ADVERTISEMENT
Affie Tennis neem tans deel aan die Gerrie Berner Tennistoernooi in die Paarl. Die span het pragtig in hulle nuwe tennisdrag gelyk en net sulke uitmuntende tennis gespeel. Afrikaanse Hoër Meisieskool speel op Dag 1 teen Oranje Meisieskool en verloor die kragmeting, maar wen oortuigend teen Helpmekaar College en Hoërskool Menlopark. Ons hou duimvas vir die res van die toernooi.












