Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria is trots op hul kwartaal 2 uitblinkers
ADVERTISEMENT
Atletiek: Timeke Jade Coetzee behaal goud in by die Confederation of Africa Athletics se Afrika kampioenskappe in Lusaka. Geluk Timeke!

Timeke Jade Coetzee
Netbal Gauteng-kleure: Geluk aan die volgende dogters wat Netbal Gauteng Kleure verwerf het. Hulle sal almal Gauteng verteenwoordig by die Nasionale Kampioenskappe gedurende die skoolvakansie.

Voor: Lené Badenhorst (o.14), Milan Engelbrecht (o.14), Anouk JV Rensburg (o.17), Zylia-Mari du Toit (o.18) Agter: Scarlett Fairbanks (o.15), Bianca Lubbe (o.17), Jaime Matfield (o.17), Izelle Gräbe (o.17) en Amia Roux (o.17) Luzette du Plessis (o.16) en Nina van Rooyen (o.14) is afwesig.
Tennis: Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se eerste tennisspan is Gauteng-Noord ligawenners! Geluk julle. Baie geluk aan Kara Barnard, Martelize Barnard, Morgan Jordaan, Aletta Smit en Karmen Schilz (afwesig) wat Gauteng-Noord ligawenners is.










