Laerskool Outeniqua bring 3 bekers huis toe
ADVERTISEMENT
Op Vrydag, 1 September 2023, bied die Laerskool Outeniqua hul jaarlikse prestige o. 13-Hokkietoernooi by York High se astrohokkieveld aan. Ondanks slegte weer wat voorspel is, draai die dag ‘n sonnige lentedag uit. 36 Spanne afkomstig uit 12 skole, wat ook die Outies se eie o. 13 A, B en C dogters- en seunsspanne insluit, neem op die dag deel en speel pragtige hokkie. Die Outies bring onderskeidelik 3 van die bekers huis toe:
- 13 B-dogters wen die Dogters B-afdeling
- 13 A-dogters wen die Dogters A-afdeling
- 13 A-seuns wen die Seuns A -afdeling
Ons is baie trots op elke seun en dogter wat hier deelgeneem het en die Outies se naam hoog gehou het. Ook aan elke besoekende skool, dis vir ons ‘n reuse voorreg om julle te ontvang!
o.13A-Seunsspan:Agter: Biancha de Koker(Afrigter), Pieter Jan Pretorius, Joa Victor, Stefan Venter, Konrad Gouws, Ruan Erasmus, Danika Botha(Skeidsregter)Middel: Markus Botha, Migael Fick, JP Immelman, Wian Bezuidenhout, Ross Smorfitt Voor: Blake Moore, Ross Taljaard
o.13A-Dogtersspan:Agter van links na regs:Liyah Theron, Jinique Frans, Anoyolo Xhengeshe, Janine Wasserman (afrigter), Ayesha Moolman, Melony Kitching (afrigter), Keila Blom, Lila Bezuidenhout, Liike Bekker.Voor van Links na regs: Nelbi Slabbert, Minè Pretorius(onderkaptein), Milan de Villiers (Kaptein) Danielle Bond, Nadia Meintjies.
o.13B-Dogtersspan Agter van links na regs: Sydney Michaels, Tylee Olivier, Elani Strydom, Danielle Bond, Mikho Dingiswayo. Voor van links na regs: Mia Marais, Anina Badenhorst, Janine Wasserman (afrigter), Scarlet Gerber, Lila Opperman, Donne Dempsey, Melony Kitching (afrigter) Melissa Schreiber.










