Noodhulp Kursus vir Hebron Christenskool Gr 7’s
ADVERTISEMENT
In die begin van elke jaar het ons graad 7’s die voorreg om te leer oor noodhulp .Hulle leer die basiese tegnieke van ABC (airway, breathing and circulation) en kardiopulmonêre resussitasie (KPR). Baie dankie aan Norman Turner van Dynamikos wat hierdie insiggewende kursus vir ons kom aanbied het. Die graad Hebron Christenskool 7’s het dit vreeslik geniet en baie geleer. Nou is hulle ywerige noodhulpwerkers tydens pouses en sport geleenthede.










