Laerskool Hartenbos hoogtepunte vir kwartaal 3
ADVERTISEMENT
Hiermee Laerskool Hartenbos se hoogtepunte vir kwartaal 3.Tennis: Hierdie kwartaal het Laerskool Hartenbos se tennisspanne aan 3 toernooie deelgeneem: Reef Hudson toernooi in George, Egalite Laerskole Tennis toernooi in Sun City en die PNB Paribas RSC Rising Stars Tennistoernooi in George. Die 0/13 eerste span dogters het al drie hierdie toernooie gewen. Hul gaan op 9 Oktober 2023 verder deelneem aan die PNB Pariba RSC toernooi in die Strand asook aan die Swellies Tennistoernooi op 26,27 en 28 Oktober 2023 in Swellendam.
Foto: vlnr Nika Kirstein (nommer 2), Tameré Stewart (nommer 1), Anke van der Westhuizen (nommer 4), Lisa Pretorius (nommer 3)
Kultuur: Op die kultuurfront het Laerskool Hartenbos ‘n baie goeie kwartaal gehad. Laerskool Hartenbos het ‘n musiekfees gehou en omliggende skole soos Milkwood Primary, Hoërskool Punt, Global Academy of Education, Hartsnare, Marimba’s en Kids Kingdom het almal aan hierdie spoggeleentheid deelgeneem. Laerskool Hartenbos se senior koor, junior koor, snuiter slagorkes en Graad 2 spreekkoor het ook aan die Mosselbaai Eistedfodd deelgeneem en was gekies om aan die Gala-aand deel te neem. Die senior koor het ook deelgeneem aan Con Spirito en ‘n gemidelde persentasie van 95 gekry vir hul liedere.
Gr.2 spreekkoor
Juniorkoor
Seniorkoor
Dans: Twee van Laerskool Hartenbos se leerders, Ané Otto en Mieke van Dorp, is gekies om Suid Afrika te verteenwoordig in Obidos, Portugal van 26 tot 28 Oktober 2023 aan die HIP HOP UNITE wêreld kampioenskappe.
Ane Mieke. Links: Mieke van Dorp, Regs: Ané Otto
Rugby: Laerskool Hartenbos het hierdie kwartaal vier spelers opgelewer in die o.12 SWD rugbyspan. Luan Vorster, Liam Smith, Washe Louw en Wihan Erasmus gaan 28 -30 September 2023 in Riversdal deelneem.
Wihan Erasmus
Washe Louw
Liam Smith
Luan Vorster










