Hoërskool DF Malan kwartaal 1 hoogtepunte
ADVERTISEMENT
Hoërskool DF Malan is aangewys as die nr. 1 akademiese skool in Metro Noord, wat die toppresterende distrik in die Wes-Kaap is sowel as die nr. 1 gemengde skool in die Wes-Kaap. Die skool het ook ‘n aantal vakpryse ontvang en drie van ons leerders het ‘n toekenning ontvang vir die toppresteerder in ‘n vak. Dirk Steyl was die toppresteerder in RTT, Janike Smith in Afrikaans en Jodine du Toit het die toekenning vir Rekeningkunde en Wiskunde ontvang. Jodine het ook die tweede beste prestasie in die distrik behaal. Ons is ongelooflik trots op hulle. Nog ‘n generasie bêre hul matriektruie en trek grootmensskoene aan om ‘n merk in die samelewing te maak.
Weskaap Prysuitdeling 2022
MTBS 2023:
![]()
Tennis: Die volgende WP-tennisspelers het die naweek aan die Synergy Cup deelgeneem. In die 0/19 A-groep het Lucas Pentz (no. 1) en Liné van Rensburg (no. 6) ‘n tweede plek behaal. Lucas was ook kaptein van sy span.
Bergfiets: Saterdag, 25 Februarie het Alec Coleske, Jana Visser en Emogene Prinsloo aan die WP XCO Reeks 2 by Bloemendal deelgeneem. Alec het in die Junior mans-kategorie deelgeneem en 2de gekom. Jana en Emogene het aan die Junior vroue-kategorie deelgeneem. Jana was algeheel 3de en Emogene 4de. Geluk julle drie, ons is baie trots op julle!
Krieket:
Ons meisieskrieketspan was vlagdraers by die Krieketwêreldbeker vir vroue
Trinity Klaviereksamen:
Danny Booysen, `n musiekleerder van me. Michéle de Villiers, het 97% vir haar Trinity graad 7 klaviereksamen verwerf. Die spreekwoordelike kersie op die koek is dat hierdie uitstekende punt die hoogste in die Wes-Kaap in 2022 vir ‘n graad7-klaviereksamen was. Baie geluk met hierdie uitsonderlike prestasie! Ons is baie tots op jou.











