Laerskool WA Joubert kwartaal 3 hoogtepunte
ADVERTISEMENT
Hiermee Laerskool WA Joubert se kwartaal 3 hoogtepunte. Rugbytoer na Riversdal: Die o.13 rugbyspan het 21-22 Julie aan Laerskool Volschenk se jaarlikse Super Spar naweek deelgeneem. Die seuns het teen sterk spanne deelgeneem en hulle baie goed van hul taak gekwyt.
![]()
Personeel speel netbal teen die leerders: In Gees van die Wêreldbeker netbal wat plaasgevind het, het die personeel teen die o.13A-netbalspan gespeel om bietjie gees op te bou. Dit was ‘n heerlike middag en tot die rugbymanne het later die onderwysers aangevat.
![]()









