Laerskool Noord-Eind kyk terug na ‘n opwindende kwartaal 2
ADVERTISEMENT
Laerskool Noord-Eind is baie trots op die die volgende rugbyspelers met hul puik prestasies. Carlton Jantjies en Caleb Reinier is opgeneem in die o.13 WP Akademieweek span. Eben Lategan is opgeneem in die o.13 WP Cravenweek span. Beide spanne neem deel aan die o.13 Cravenweek wat die vakansie in Pietermaritzburg plaasvind. Baie sterkte aan die seuns!
![]()
Mienke Stander en Lillie Birk kry vol provinsiale kleure vir muurbal en neem deel aan die IPT’s wat hierdie vakansie in Oos Londen plaas vind.
Mienke Stander en Lillie Birk
Liam Rheeder het aan die WCA Swimming Champs Level 3 deelgeneem en puik gevaar.
Liam
Noord-Eind is trots om te kan sê dat ons son panele projek voltooi is en ons nou ten volle, te alle tye, normaal kan funksioneer.
Graad 7’s geniet hul SOS kamp
Grondslagfase Spelfees was ‘n groot sukses.

















