Hoërskool Driehoek onder 14 hokkiespan is die ligawenners vir 2025
ADVERTISEMENT
Dit is met groot trots wat ons kan aankondig dat ons o.14 Seunshokkiespan LIGAWENNERS is vir 2025! Dit volg nadat hulle vir Transvalia op hul tuisveld met 1-0 verslaan het.
Die jong manne dring dan deur na die A-poel van die Noordvaal Toernooi wat sal plaasvind van 7-9 Augustus te Ligbron Akademie in Ermelo. Sterkte met jul voorbereiding vir hierdie toernooi manne!










