Hoërskool Ermelo-tennisspelers word gekroon as Mpumalangawenners
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo-tennisspelers word gekroon as Mpumalangawenners.Op 19 Augustus het vyf van die agt Errie-tennisspanne aan die Mpumalanga-uitspele gaan deelneem. Hulle was almal wenners van die Hoëveld-tennisliga.Die vierdespan dogters het die Mpumalanga-uitspele geëindig as wenners en die vierdespan seuns was naaswenners. Baie geluk aan hierdie spanne met uitstaande prestasies.
Vierdespan seuns, MPU-naaswenners (vlnr): CR Van Dijk, Ulric Badenhorst, Maritz Hancke en Ennocent Kiti
Vierdespan dogters, MPU-wenners (vlnr): Karli Van Schalkwyk, Leandri Lundall, Elisca Lotz en Sanél Du Toit.










