Hoërskool Swartland tennisspelers presteer in Kavaliersspan
ADVERTISEMENT
Christian en sy Kavaliers o. 15-span is die goue medaljewenners by die Interpro-toernooi. Jani en Aiden is deel van die Kavaliers o. 19-span wat die silwer medaljewenners is by die Interpro-toernooi. Nogmaals báie geluk aan Jani, wat gekies is vir die o. 19-SA Skolespan. Dit is die hoogste vlak wat jy kan bereik in SA skole tennis.














