Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria leerders presteer in musiek
ADVERTISEMENT
Die Affie-orkeste en enkele individuele seuns uit die musiekdepartement het gisteraand aan die Pretoria Eisteddfod – Perkussie, Orkes, Hout- en Koperblasers Gala-aand deelgeneem. Al drie die skool se orkeste (Konsertorkes, Strykorkes en Jazzband) het as wenners van die onderskeie kategorieë weggestap. Baie geluk aan ons susterskool, AHMP, wie se orkes as die Algehele Wenners aangewys is. Die volgende seuns word as Algehele Wenners in hul onderskeie kategorie aangekondig:
- Houtblaser: Joshua van Zijl, gr. 11 (Klarinet)
- Koperblaser: Erik Beukes, gr. 12 (Tuba)
- Perkussie: Henri Potgieter, gr. 11










