Hoërskool Strand musiekdepartement het aan die Allegretto Eisteddfod deelgeneem
ADVERTISEMENT
Hoërskool Strand se Musiekdepartement se sangers het onlangs aan die Allegretto Eisteddfod deelgeneem. Die dogters het uitstekend gevaar met 9 Cum Laude en 4 Goue toekennings. Gabriella Benadie, Chloe Nel en Christiné Kok het direk na die Gala-aand wat September in Stilbaai plaasvind deurgedring. Saskia Mc Dilling het ook die hoogste persentasie van 96.6% vir haar Afrikaanse lied ontvang.
Hoërskool Strand is baie trots op hierdie sangers! Me. Tilana van Tonder is ook tydens hierdie geleentheid deur die hoofbeoordelaar gekomplimenteer as een van die beste begeleiers wat hy in ‘n lang tyd gehoor het. Me. Tilana van Tonder gaan in samewerking met Marietjie Malherbe die dameskoor in die derde kwartaal by hierdie Eisteddfod lei









