Laerskool Truida Kestell redenaars skitter onder die Top 6 in die Vrystaat
ADVERTISEMENT
Laerskool Truida Kestell is baie trots om maar liefst 9 Truidjies onder die Top 6-sprekers in die Vrystaat te hê! Hierdie besondere prestasie getuig van die leerders se harde werk, deeglike voorbereiding en uitstekende vermoë om hul gedagtes met selfvertroue en oortuiging oor te dra.
Redenaars vereis nie net goeie taalvaardigheid nie, maar ook kritiese denke, kreatiwiteit en die vermoë om ’n gehoor te boei. Hierdie leerders het hulself onderskei deur hul passie, toewyding en uitsonderlike spreekvernuf. Hulle prestasies is ’n bewys van die hoë standaard waarna hulle streef en die ondersteuning wat hulle van hul afrigters, onderwysers en ouers ontvang.
- Meiring Geldenhuys gr. 1 6de plek
- Steff Van Den Berg gr. 6 6de plek
- Müller Bosch gr. 5 5de plek
- Colene Koch gr. 5 4de plek
- David Shepherd gr. 7 4de plek
Voor (L-R): Marx Geldenhuys (gr. 3); Andries van der Walt (gr. 5); Richardt Otto (gr. 3);
Meiring Geldenhuys (gr. 1);
Agter (L-R): Stef van den Berg (gr. 6); Müller Bosch (gr. 5); Anke van den Berg (gr. 7);
Mia Rautenbach (gr. 6); David Shepherd (gr. 7); Colene Koch (gr. 5); Muhammad Latiff (gr. 6)
Die volgende sprekers kwalifiseer om aan die NASIONALE FINAAL wat op 5 Augustus by ATKV-Klein-Kariba plaasvind, deel te neem.
- Ricardt Otto gr. 3 2de plek
- Marx Geldenhuys gr. 3 1ste plek
- Andries Van Der Walt gr. 5 1ste plek
- Muhammad Latiff gr. 6 1ste plek










