Hoërskool Volksrust leerders neem deel aan ATKV Redenaars
ADVERTISEMENT
Terwyl almal akademies verkeer het, het die trotse Volkies ure se vermaak verskaf met hul briljante redenaars vernuf. Hoërskool Volksrust se redenaars het op Woensdag 19 April 2023 aan die eerste rondte ATKV Redenaars uitdunne by Hoërskool Ermelo deelgeneem. Hierdie leerders het hul goed van hul taak gekwyt en het hul afrigters se harte van trots laat bars! Hierdie is voorwaar leerders om dop te hou in die toekoms! Hulle maak ons skool trots.










